Enig in sy soort KOOKKLASSE!

Die Jan se Kombuis Kookskool bied weeklikse kookklasse van 60 – 75 min elk aan kinders van alle ouderdomme, waar hulle ‘n vasgestelde kurrikulum vir die jaar volg wat ontwerp is met die grootste pret, leer en passieskeppende aktiwiteite en resepte.
Elke week leer die sjefs talle kookkuns, terme, style, dissiplines en speletjies by Sjef Jan self en neem ook deel aan talle pop-up restaurantgeleenthede en ‘n jaarlikse kookboek.
Inskrywings vir 2022 is oop. Beperkte plekke beskikbaar. Druk op die knoppie hieronder en vul die vorm in.